Saam met André & Pieter

Hoekom die weeklikse podcast?

Ons hoop om met hierdie weeklikse gesprekke die afgelope Sondag se preektema en -teks meer integreer met ons daaglikse lewe. Ons wil ook iets rondom ons gemeente se visie verhelder hierdeur: ‘n Lewe wat iets beteken.

Ons dink ons beweeg nader aan ‘n lewe met betekenis wanneer ons dit regkry om die verskillende dimensies van ons lewe, spiritualiteit en daaglikse menswees, met mekaar te integreer, verweef tot een lewe.

Die afgelope Sondag se tema in die Godsvrae-reeks was God se vraag aan Moses: Wat is in jou hand?

Luister hier bo saam of laai die klankbaan af om later te luister.