INSPIRARE | To inhale, to breathe in
Tweede siklus werkswinkels: 7 November & 14 November
Inspirare is geleenthede om inspirasie te vind. Hierdie platvorm van worship en werkswinkels oor aktuele tema’s (wat oor drie weke strek) gaan jou nooi om deel te neem aan God se bedoeling: om ons te vul met lewensasem en -energie (Hand. 17). Ons vind onsself dikwels daarsonder – veral in hierdie tye. Kom soek saam met ander na ’n ontmoeting met die Bron van asem terwyl ons saam aanbid of deelneem aan interaktiewe werkswinkels wat die landskap van ons lewens verken.
Inspirare gaan op Sondagaande gebeur. Die formaat is telkens as volg:
- 18:00 – 18:30: Aanbidding
- 18:30 – 18:45: Koffie
- 18:45 – 19:45: Werkswinkel
Daar sal telkens meer as een werkswinkel gelykertyd plaasvind – jy kies sélf die een waaraan jy wil deelneem. Dit bied aan jou die geleentheid om deel te neem aan aanbidding, sowel as kort werkswinkels gefokus op aktuele tema’s.
Jy is welkom om slegs te kom aanbid, of net die werkswinkel by te woon.
Bespreek jou plek: info@sg.org.za
[divider] [/divider]Die Move Slow werkswinkel – Tish Els
“Die Move Slow werkswinkel is ‘n geestelike herverbeelding van ‘n suksesvolle lewe, waar ek jou nooi om saam met my die aanvanklike ongemak om minder te doen, te omhels en die idee te verken dat ontspanning is wat gesondheid, geluk en prestasie aanwakker.
Daar is iets waardevol te vinde in rus, speel en minder strewe, veral in ‘n moderne wêreld behep met perfeksionisme en materialisme. Kom reis saam met my oor twee 1 uur sessies, en herontdek die menslike behoefte aan die Sabbat, sowel as om ‘n holistiese en doelbewuste lewe te lei.
Bespreek jou plek: info@sg.org.za
[divider] [/divider]Leef bewus van God – Nina Louw
Fokus:Interaktiewe gesprekke waar ons kyk na teks en konteks en hoe ons vir God ontdek, om sodoende dievaardigheid om bewus van God te lewe, in te oefen. Na afloop van hierdie gespreksreeks sal jy ook self die werkswinkel kan aanbied. Beperk tot 8 mense (sodat ons om ‘n tafel kan pas).
Bespreek jou plek: info@sg.org.za