Charlie Mackesy – Saam op pad

Charlie Mackesy is ’n Britse kunstenaar wat die weerloosheid van saam-oppad-wees meesterlik verwoord in sy boek The Boy, the Mole, the Fox and the Horse. Die egte eenvoud van saam op pad wees, die siel daarvan, word gestroop verby al die opgesmukte idealisme tot ’n waarheid wat die wêreld, veral gedurende Covid, in die hart gegryp het. Jy kan gerus elkeen van hierdie prente as ’n oggendmeditasie gebruik en bewus raak van die noodsaaklike wonder van saam. (Gaan Google gerus vir nog ander van hierdie prent-meditasies of koop die boek wat verskeie toekenning ontvang het).

Meer inspirasie op sy webblad: www.charliemackesy.com