Genesis 12:2-3 – geseën om ’n seën te wees vir almal

2Ek sal jou ‘n groot nasie maak,

Ek sal jou seën en jou ‘n man van groot betekenis maak,

en jy moet tot ‘n seën wees.

3Ek sal seën wie jou seën,

en hom vervloek wat jou vervloek.

In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.”

 


 

Eksodus 19:3-6 — alles behoort aan God

3Moses het teen die berg uitgeklim na God toe, en die Here het van die berg af na hom geroep:

“So moet jy vir die nageslag van Jakob sê,

vir die Israeliete vertel:

4“ ‘Julle het gesien wat Ek aan Egipte gedoen het, en hoe Ek julle soos op arendsvlerke veilig gedra en na My toe gebring het. 5-6As julle My gehoorsaam en julle aan my verbond hou, sal julle uit al die volke my eiendom wees, ‘n koninkryk wat My as priesters dien, en ‘n gewyde nasie. Die hele aarde behoort immers aan My.’ Dit is wat jy aan die Israeliete moet vertel.”

 


 

Jeremia 29:5-7 – ’n Brief aan mense in Ballingskap

5Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan, 6trou en bring kinders in die wêreld, en laat hulle trou en kinders in die wêreld bring. Julle moet daar in Babel baie word, nie min nie. 7Bevorder die belange van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange.

 


 

Esegiël 47:8-9, 12 – die stroom uit die tempel laat alles lewe

8Die man het vir my gesê: “Hierdie water loop weg na die streek oos toe en af na die Jordaanvallei toe waar dit in die Dooie See sal inloop. Wanneer dit in die Dooie See inloop, sal die water van die Dooie See vars word. 9Waar die stroom ook kom, sal dit wemel van al die soorte diere en sal daar baie vis wees. Die water loop af na die Dooie See toe en sal die see vars maak. Waar die stroom kom, sal alles lewe. 12Weerskante op die wal van die stroom sal allerlei vrugtebome groei. Hulle blare sal nie verlep nie en hulle vrugte sal nie opraak nie. Hulle sal elke maand dra, want die stroom se water kom uit die heiligdom. Die vrugte sal daar wees om te eet en die blare om genesing te bring.”

 


 

Jesaja 42:1-7 — God stuur Sy dienaar na al die nasies en die hele aarde

1Hier is my dienaar, Ek stel hom aan.

Ek het hom uitverkies, hy geniet my guns.

Ek laat my Gees op hom kom,

hy sal my wil aan die nasies bekend maak.

2Hy sal nie roep nie, hy sal nie hard skree nie,

hy sal nie sy stem op straat laat hoor nie.

3’n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie,

‘n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie.

Hy sal my wil bekend maak soos dit is.

4Self sal hy ook nie uitgedoof of geknak word nie

totdat hy my wil op aarde gevestig het.

Die eilande wag op wat hy hulle sal leer.

5So sê God, die Here,

Hy wat die hemelkoepel geskep en dit oopgespan het,

Hy wat die aarde gevorm het en alles wat dit oplewer,

Hy wat aan al die mense op aarde die asem gee,

die lewe aan alles wat op die aarde beweeg:

6Ek is die Here.

Omdat Ek getrou is aan my verbond, het Ek jou geroep.

Ek hou jou vas,

Ek beskerm jou

en Ek maak jou my verbond met my volk,

my lig vir die nasies.

7Jy sal blindes laat sien,

jy sal gevangenes uit die tronk bevry;

wie in die donkerte van die gevangenis sit,

sal jy laat uitgaan.

 


 

Lukas 4:18-21 — Jesus se roepingsverklaring

18“Die Gees van die Here is op My

omdat Hy My gesalf het

om die evangelie aan armes te verkondig.

Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur,

19om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

20Nadat Hy die boek toegemaak en aan die amptenaar teruggegee het, het Hy gaan sit. Die oë van almal in die sinagoge was op Hom gerig. 21Toe begin Hy hulle toespreek: “Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul.”

 


 

Johannes 1:4-5 — Sy lig is vir die hele mensdom bedoel

4In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. 5Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

 


 

Johannes 3:16-17 — Sy liefde is gefokus op die hele wêreld

16“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. 17God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.

 


 

Markus 16:15 — Jesus stuur Sy dissipels na die hele mensdom

Hy het vir hulle gesê: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.”

 


 

Matteus 5:13-14 — sout en lig vir die hele wêreld

13“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ‘n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit.

14“Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15ook steek ‘n mens nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer nie maar op ‘n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis.

 


 

Matteus 28:19-20 — gaan na almal toe

19Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

 


 

Kol 1:15-17, 19-20 — God skep alles en almal en wil alles en almal in die regte verhouding met Hom en mekaar bring

15Die Seun is die beeld van God,

van God wat self nie gesien kan word nie.

Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.

16God het deur Hom alles geskep

wat in die hemel en op die aarde is:

alles wat gesien kan word

en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders.

Alles is deur Hom en vir Hom geskep.

17Voor alles was Hy al daar,

en deur Hom bly alles in stand.

19God het besluit

om met sy volle wese in Hom te woon

20en om deur Hom alles

met Homself te versoen.

Deur die bloed van sy Seun aan die kruis

het Hy die vrede herstel,

deur Hom het Hy alles op die aarde

en in die hemel met Homself versoen.

 


 

2 Cor 5:14-20 (MSG)

14-15 Our firm decision is to work from this focused center: One man died for everyone. That puts everyone in the same boat. He included everyone in his death so that everyone could also be included in his life, a resurrection life, a far better life than people ever lived on their own.

16-20 Because of this decision we don’t evaluate people by what they have or how they look. We looked at the Messiah that way once and got it all wrong, as you know. We certainly don’t look at him that way anymore. Now we look inside, and what we see is that anyone united with the Messiah gets a fresh start, is created new. The old life is gone; a new life emerges! Look at it! All this comes from the God who settled the relationship between us and him, and then called us to settle our relationships with each other. God put the world square with himself through the Messiah, giving the world a fresh start by offering forgiveness of sins. God has given us the task of telling everyone what he is doing. We’re Christ’s representatives. God uses us to persuade men and women to drop their differences and enter into God’s work of making things right between them. We’re speaking for Christ himself now: Become friends with God; he’s already a friend with you.

 


 

Openbaring 5:9 — ’n herskepte almal

Toe sing hulle ‘n nuwe lied: “U is waardig om die boek te neem en die seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie.

 


 

Openbaring 21:1-5 — ’n herskepte alles

Toe het ek ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.

3Toe het ek ‘n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. 4Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”

5Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.”

En daarna sê Hy: “Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.”