• 10:00 Oggenddiens & ‘n nuwe preekreeks, wat fokus op die Opstandingslewe, begin – saam met André Serfontein
  • 10:00 Kinderkerk begin! 
  • 18:00 Tienerkerk by die laerskool se klubhuis
  • 18:00-19:00 Stildiens (kontemplatiewe diens) by Middelvlei wynplaas, bring notaboek, skryfding, ‘n kussing of kampstoel saam. Ons kom buite bymekaar, maar sal na die proelokaal skuif indien dit reen.

Kyk hier saam, luister na die potgooi op die webblad, Spotify of Apple Music. Jy kan ook deel wees van die werklike diens om 10:00 deur die livestream skakel te volg wat ons later op die WhatsApp-groep deel.

[ Word deel van die WhatsApp-groep ]

Die gebeure wat volg op die kruisiging van Jesus is nie vir ons verborge nie: dis die opstanding van Jesus. 

Die uitnoding wat dit aan ons rig is om die opstandingslewe te omhels; “om die krag van sy opstanding te ken” (Fil 3). Ons verkies om nie ’n onderskeid te tref tussen die uitdaging om die opstandingslewe, of die geestelike lewe, of die lewe in oorvloed te leef nie; ons wil sommer net praat van die lewe. 

Die uitnodiging is om te LEEF. 

Die lewe is kompleks, dis uitdagend, die soms regtig moeilik. Maar die opstanding nooi ons om te leef binne ’n nuwe werklikheid, waar ons lewens ’n refleksie kan wees van die opstandingslewe. Wat is hierdie lewe nou weer? Wat is die definisie daarvan? Watter soort lewe is worth living?

Ons gaan in die volgende reeks ons eie storielyn met hierdie lewe probeer belyn. Stap saam.