Verbeel jou, jou hele lewe kom al meer in pas met die lewegewende ritme en karakter van God se beweging.
Verbeel jou, dit beteken nie noodwendig jy hoef iets ekstra of meer of vreeslik geestelik te doen nie.
Verbeel jou jy ontdek lense, vaardighede en gewoontes wat jou werk/passie nuwe betekenis gee.
Verbeel jou dit is nie iets wat een of ander expert aan jou verkoop of kursus wat jy moet voltooi nie.
Verbeel jou jy ontdek en skep dit saam met een of twee ander companions uit jou lewensfeer/dampkring.
Raak deel van hierdie inisiatief waar jy 1x/maand twee-twee of drie-drie saam met iemand wat jou leefwêreld ken, ontdek hoe en waar God in en deur jou beweeg.
Die potensiaal van hierdie intensionele gesprekke kan jou inspireer, versorg, bemagtig en vorm. Dit kan jou roeping ontsluit.
Hoe werk dit?
- Soek ’n kollega of vriend (nie noodwendig in die gemeente nie) in die dieselfde werksfeer/-industrie/-rol as jy en deel die droom met hulle.
- Nooi hom/haar/hulle tot ’n maandelikse koffie-afspraak om saam te gesels aan die hand van ’n stimulerende vraag of twee.
- Stuur ’n epos aan Pieter dat jy deel van die inisiatief word, pieter@sg.org.za en ontvang 1x/maand ’n kort gedagte-losmaker aan julle met twee of drie vrae om saam oor te gesels.
Ontdek en skep saam aan die potensiaal wat hierdie vorm van saam op pad wees aan jul kan doen.
Kontak Pieter: pieter@sg.org.za