Geografiese groepe of wyke, wat is dit en hoekom doen ons dit?
.
.
In ons soeke na konneksie en behoort, kan ons dit nie met ’n verbruikersmentaliteit benader nie. Ons kan dit nie aanlyn bestel soos feitlik enige iets anders nie!
Community het ’n ander karakter, of eerder, geloofscommunity het ’n ander karakter.
Kyk hier bo na André se uitnodiging om deel te word van die geloofscommunity wat naby jou woon, en hoe ons gawes mekaar in só community kan dien, nie net in die groter geloofscommunity nie. Ons is geografies baie wyd versprei, hierdie is ’n praktiese platform vir konneksie en inisiatiewe vanuit jou eie buurt/omgewing se inwoners.
Geografiese wyke is…
- die konteks waarbinne geloofscommunity tot uitdrukking kom
- ’n ervaring van belonging
- ’n possibility to live into
- ’n uitdrukking van die roeping tot mekaar
- ’n community wat die sosiale konteks van hul buurt kan verander
- ’n plek om mekaar te dien met ons gawes
- ‘n uitnodiging tot konneksie
- ’n avontuur in belonging
- ’n ervaring van die krag /potensiaal van konneksie
- ’n plek om deel te wees
- ’n manier om eienaarskap te neem van belonging
- ’n belegging in die social capital (widespread relatedness) van ons woonbuurt
- die soil waarbinne emosionele, geestelike en psigiese gesondheid kan groei
- ’n plek waar ons die fragmentasie in ons konteks herstel
- ’n plek waar God op diverse maniere beliggaam word
- ’n wyse om ’n alternatiewe toekoms te skep vir ons buurt
- ’n geleentheid om ’n nuwe soort gesprek te voer
- ’n teenvoeter vir die isolasie en angs binne ons buurt
- ’n herkalibrasie van my prentjie van geloofscommunity
- ’n voertuig vir konneksie
- ’n belegging in die sosiale, emosionele en psigiese welstand van ’n community
- ’n plek waar ek kan omgee vir ander
- ’n plek om nuwe woorde te ontdek vir SAAM-wees
- ’n wyse om die lewenskragtigheid van community te ervaar
- ’n geskenk
- vrye keuse
Só word jy deel van die WhatsApp-groep:
- Klik op die relevant blokkie en volg die skakel na die WhatsApp-groep
- Scan die QR-kode met jou foon se kamera