Die mites en waarhede van die huwelik.
[ Hierdie werkswinkel word uitgestel na Januarie 2024 ]
Die soeke na sin, betekenis en vervulling in die lewe is diep gewortel in ons elkeen. Daar is niemand van ons ons wat hierdie soeke vir onsself hou nie; ons projekteer dit op die verhoudings waarin ons leef – in besonder op die huwelik. Hierdie verhouding is ’n komplekse dans: Watter ervaringe (goed en sleg) en raamwerk van verhouding speel in op ons? Watter verwagtinge, ideale en drome dra ons elkeen saam met ons hierdie verhouding binne? Wat is ’n redelike verwagting om van mekaar te hê?
Tydens hierdie kursus van 5 weke (6 sessies) ontdek ons…
– Nog paartjies wat hierdie lewensfase saam met ons deel
– ’n Bewustheid van ons elkeen se unieke menswees
– Ons strengths (formele Strengthsfinder assessering)
– God se bedoeling vir die huwelik
– ’n Raamwerk vir kommunikasie, konflikhantering, seksualiteit
* Hierdie kursus is gemik op verloofdes en jong getroudes.
Plek: Heroldstraat 15, Stellenbosch
Koste: R1 600 per paartjie (Dit sluit ‘n Strengthsfinder aanlyntoets vir albei in, indien jy reeds Strengthsfinder gedoen het word die kode se bedrag afgetrek van die bedrag)
[ Skryf hier in ]
Sessies, temas & fasiliteerders:
Sessie 1 – Sandra Fourie
– Die strengths van verhouding 1 (Strengthsfinder)
Sessie 2 – Sandra Fourie
– Die strengths van verhouding 2 (Strengthsfinder)
Sessie 3 – André Serfontein
– (Aanlyn) Die soeke na ‘n ‘significant other’ – Teologiese raamwerk vir verhoudings
Sessie 4 – 29 Oktober
– (Aanlyn) Die uitdaging van echad
Sessie 5 – Deon Botha
– Kommunikasie
Sessie 6 – Pieter Roeloffse
– Seksualiteit & Spiritualiteit
[ Skryf hier in ]