Hoe inspirerend sal ’n wêreld lyk waarin die woorde: ‘Christus, Vandag, Saam, vir Alles en Almal’ beliggaam word.

’n Wêreld waarin ons die Imago Dei in elkeen raaksien, waar ons diversiteit voluit kan vier as geskenke van die Vader. ’n Wêreld waarin ons nie bang is ons kinders gaan nie floreer nie, want selfs al beleef hulle pyn weet ons dit is soms die pad na floreer. So ’n wêreld is moontlik sover as wat ons dit kan droom en streef daarna. Ons droom dat elke kind en elke ouer die geleentheid sal hê, die spasie sal hê, om dit te oefen. ’n Plek waar dit elke dag meer en meer realiteit raak. Daardie plek, daardie heilige spasie is ons gesinne. Ons glo dit maak nie saak hoe oud jy is nie, jy is reeds deel van daardie wêreld, reeds besig om God se plan met jou as 2-jarige, 6-jarige of 60-jarige binne sy Koninkryk te gebruik.

Vir meer inligting kontak deon@sg.org.za of registreer hier.

ONS

Jeugplan

Loer gerus na die infographic van die Jeugplan om te sien hoe ons die toepassing hiervan help uitspeel.