Die SG-stapgroep gaan die naweek van 1-3 September in die berge van Tulbagh stap.
Die 25 km-lange stap, wat op die Saterdag gebeur, neem die vorm van ’n ‘Camino’-stap aan, wat beteken dat dit jou dalk so bietjie gaan uitdaag wat die afstand betref, maar ook dat dit jou ook die tyd en ruimte gaan gee vir stilte en refleksie.
* Almal is welkom. Die roete is nie moeilik of tegnies nie, en ons sal jou op enige stadium met ‘n ondersteuningsvoertuig kan bereik.
* Die koste vir ’n bed is R400 per nag, en om te kamp kos R200 per nag. Dit sluit nie kos in nie – ons gaan dit sommer saam beplan.
Kontak André indien jy navrae het of saam wil stap.