Mentors vir Legacy se matriekgroep

Beroepsielkundige Amanda van der Vyver bied beroepsgerigte leiding vir die graad 9, 11 & 12 leerders wat deel vorm van Legacy se naskoolprogram (SG se gemeenskapsprojek in Kayamandi wat op ‘n daaglikse basis fokus op onderrigondersteuning vir Laer- & Hoërskoolleerders)

  1. Waar pas jy in? Amanda wil graag ‘n mentorskap-reis vir elke graad 12-leerder fasiliteer met behulp van ‘n mentor vir elkeen van die 8 matrieks wat vanjaar deel is van die ondersteuningsprogram.
  2. Elke mentor gaan op reis met ‘n graad 12-leerder, met Amanda se ondersteuning en leiding, vir die jaar – ‘n uitnodiging aan 8 individue uit die gemeenskap, nie noodwendig net uit SG.

 

Waarvoor sê jy JA?

  • Word deel van ‘n Matriek by Legacy se naskool-program deur ‘n volle jaar saam met ‘n leerder te reis rondom ‘n toekomsvisie en naskoolse onderriggeleenthede.
  • Woon die Infosessie by op 19 Februarie by SG se kerkkantoor (of aanlyn) waar Amanda (Opvoedkundige Sielkundige) en Gugu (Legacy Leierspan) die reis verduidelik.
  •  Woon die bespreking op 29 Februarie by
  • Woon die werskwinkel op 13 April  by
  • 1- 2 maandelikse sessies met die matriek om saam met wie jy reis
  • Behou kontak met Amanda vir leiding en bronne
  • Laat weet asseblief so gou as moontlik of jy deel van hierdie reis kan wees
  • Meer inligting nodig? Kontak Amanda

 

Wil jy meer weet oor die Legacysentrum?