Die lewe – met al sy vreugdes en uitdagings – is ’n genade.
Om in hierdie deel van die wêreld te bly is ’n groot geskenk.
Die draai van die seisoene is ’n geleentheid.
Kom vier saam met ons die lewe, die begin van herfs, en Stellenbosch se wyn en wingerde tydens ’n piekniek by Overgaauw Wynlandgoed.
Sondag 23 April vanaf 16:00 – 19:00 (ons eet saam vanaf 17:00).
[ Besprekings op Quicket ]
Die oestafel bevat reeds brood en smeergoed, en die piekniek bied reeds musiek.
Bring saam:
- ’n Dis of gereg vir die oestafel, om met almal te deel
- Jou eie eetgerei, drinkgoed / wyn (of koop wyn by Overgaauw)
- ’n Kampstoel, kombers en liggie
- Jou vriende en familie – enige iemand is welkom, nooi gerus wyd en syd!
Bespreek asb (gratis) op Quicket, en kyk ook daar vir meer inligting.
Of kontak Marissa 082 411 7518 of info@sg.org.za