OEUVRE
YOUR LIFE’S WORK
“Oeuvre — a substantial body of work constituting the lifework of a writer, an artist, or a composer.”
Ons leef steeds met ’n dualisme tussen geloof en die res van ons lewe. Ons praat bv. van ons geloofslewe, asof dit geskei is van die res van ons lewe. Onbewustelik fragmenteer ons geloof tot ’n “geestelike” domain wat weinig invloed het op ons werkslewe. Ons het nodig om te ontdek hoe dit lyk om ons geloofsoortuigings en ons werk te integreer. Deur Oeuvre se fokus op jou werkslewe (vocation) wil ons ’n koninkryksverbeelding in jou wakker maak sodat jy kan ontwaak vir God se herskkepende beweging in jou werkslewe. Ons wil jou stimuleer met nuwe gedagtes; jou inspireer deur real-life stories en sprekers; en jou begelei om geloof en werk te integreer. Jy kan deel word hiervan deur:
- Op ons e-pos lys te kom vir lees en luister materiaal
- Deel te word van ’n groep wat fokus op jou werksektor
- Te laat weet indien jy ’n behoefte het aan ’n 1-tot-1 gesprek
- Uit te kyk vir ons werkswinkels (Enneagram, Strength Finder, Design your life, Meyers Briggs, You are what you love, Outward mindset, Monk habits for everyday, e.a)
- Te laat weet as jy jou storie of ontdekkings of kennis oor vocation wil deel of voel jy het ’n lens of tool wat jy met ander wil deel.
- Uit te kyk vir geleenthede waardeur ons jou wil inspireer en begelei tot intigreer.
- Enige iemand is welkom by hierdie beweging.
Kontak vir Pieter pieter@sg.org.za.