[one_third_last][/one_third_last]

LEEF…bewus | Gasprediker: Pierre du Plessis (InVia Kaapstad)

Vandag se preek is nie vooraf opgeneem nie en ongelukkig het tegniese probleme ons verhoed om die diens op te neem. Die klankbaan is beskikbaar! ‘Kyk’ hier saam of laai die klankbaan af.

 

[divider] [/divider]
 
We would rather be ruined than changed. We would rather die in our dread than climb the cross of the present and let our illusions die.
W.H. Auden
[divider] [/divider]
Johannes 21
 1Hierna het Jesus by die See van Tiberias weer aan sy dissipels verskyn. En dit is hoe Hy verskyn het: 2Saam daar bymekaar was Simon Petrus en Thomas, wat bekend staan as Didimus, Natanael, van Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus, en nog twee ander van sy dissipels. 3Simon Petrus sê vir hulle: “Ek gaan visvang.” En hulle sê vir hom: “Ons gaan ook saam met jou.” Hulle het uitgegaan en in die boot geklim, maar daardie nag het hulle niks gevang nie. 4Teen dagbreek het Jesus daar op die strand gestaan, maar die dissipels het nie geweet dit is Jesus nie.
 5Jesus vra hulle toe: “My kinders, julle het seker niks om te eet nie?
” Hulle antwoord Hom: “Nee.” 6. Hy sê toe vir hulle: “Gooi die visnet uit aan die regterkant van die boot, en julle sal iets kry.” Hulle gooi dit toe uit, en vanweë die groot klomp vis was hulle nie in staat om dit in te trek nie. 7Daarop sê die dissipel, die een vir wie Jesus liefgehad het, vir Petrus: “Dit is die Here!” Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy bokleed omgebind – want sy bolyf was kaal – en in die see gespring.
 8Maar die ander dissipels het met die skuit gekom en die net met die visse gesleep, want hulle was nie ver van die land af nie, net ongeveer tweehonderd el. 9En toe hulle aan land kom, sien hulle daar ‘n koolvuur gereed, en vis wat daarop lê, en ook brood. 10Jesus sê vir hulle: “Bring van die visse wat julle nou net gevang het.” 11Simon Petrus het toe aan boord gegaan en die net vol groot visse op die land getrek, honderd drie-en-vyftig; en hoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie.
14. Dit was reeds die derde keer dat Jesus aan die dissipels verskyn het nadat Hy uit die dood opgewek is.
[divider] [/divider]
Johannes 21
 
12Jesus sê vir hulle: “Kom eet ontbyt!” Niemand van die dissipels het egter gewaag om Hom te vra, “Wie is U?” nie, want hulle het geweet dit is die Here. 13Jesus kom toe, neem die brood en gee dit vir hulle, en so ook die vis.
15Toe hulle klaar was met ontbyt, vra Jesus vir Simon •Petrus: “Simon, seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle?” Hy sê vir Hom: “Ja, Here, U weet dat ek U liefhet.” Hy sê vir hom: “Laat my lammers wei.” 16Hy vra hom weer ‘n tweede keer: “Simon, seun van Johannes, het jy My baie lief?” Hy sê vir Hom: “Ja, Here, U weet dat ek U liefhet.” Hy sê vir hom: “Pas my skape op.”
 17Hy vra hom die derde keer: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword omdat Hy hom die derde keer gevra het, “Het jy My lief?” en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles.
 U weet dat ek U liefhet.” Jesus sê vir hom: “Laat my skape wei.
[divider] [/divider]
Compassion asks us to go where it hurts, to enter into the places of pain, to share in brokenness, fear, confusion, and anguish. Compassion challenges us to cry out with those in misery, to mourn with those who are lonely, to weep with those in tears. Compassion requires us to be weak with the weak, vulnerable with the vulnerable, and powerless with the powerless. Compassion means full immersion in the condition of being human.
Henri Nouwen
[divider] [/divider]
U het die wêreld in skoonheid gemaak en alles in heerlikheid herstel deur die oorwinning van Jesus Christus.
Ons bid dat waar u beeld ook al nog steeds deur armoede, siekte, selfsug, oorlog en gierigheid vermink is, ook in onsself, die nuwe skepping in Jesus Christus in geregtigheid, liefde en vrede sal verskyn, tot heerlikheid van u Naam. Amen.
[divider] [/divider]