‘n Nuwe Preekreeks | En daar was lig…
Om te kan sien behels meer as die blote fisiologiese vermoë om dit te doen. Die fisikus, Arthur Zajonc, bevestig dit wanneer hy skryf:
“Two lights brighten our world. One is provided by the sun, but another answers to it – the light of the eye. Only through their entwining do we see; lacking either, we are blind.”
Om te kan sien benodig ons ’n lens, of ’n raamwerk, wat ons in staat stel om sin te maak van ‘taal’ van lig.
Johannes verklaar Christus as die lig vir die wêreld. “In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense.” (Joh 1:4) Jesus maak later dieselfde aanspraak teenoor Homself.
Wat beteken dit dat Jesus die Lig is? Hoe kan Hy ’n lens wees wat ons in staat stel om te kan sien? Kan ons dalk – deur Hom – anders kyk na God, onsself, mekaar en die wêreld? Kan ons leer om lig te herken, eerder as die donker wat ons so maklik raaksien?
.