Tekste

Die Skrif wil ons in staat stel om gelykertyd meer te ontdek / verstaan van:

  • God
  • Die wêreld
  • Die mens / onsself

Watter insigte gee die volgende tekste jou?

Hoe bevestig dit jou?

Hoe vorm hierdie teks jou?

Watter respons vra dit van jou?

 


 

Johannes 17

“Maar nou kom Ek na U toe. En Ek sê dit terwyl Ek nog in die wêreld is, sodat hulle my blydskap in al sy volheid in hulle kan hê. Ek het u woord aan hulle gegee, en die wêreld haat hulle, omdat hulle nie tot die wêreld behoort nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar. Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid.

Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur; en ter wille van hulle wy Ek My aan U toe, sodat hulle ook deur die waarheid aan U toegewy kan wees. “Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is: Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet.”

 


 

Efesiërs 2

Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God.

 


 

1 Johannes 3

Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook.

 


 

Johannes 14

Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.”

  • Mekaar tekste:

Julle moet mekaar ook liefhê (Joh 13:34)

Julle behoort ook mekaar se voete te was (Joh 13:14)

Moet mekaar nie veroordeel nie (Rom 14:13)

Aanvaar mekaar (Rom 15:7)

Verdra mekaar in liefde (Ef 4:2)

Laat ons ook na mekaar omsien…(Heb 10:24)

Praat mekaar moed in en versterk mekaar (1 Tes 5:11)

Leer en onderrig mekaar met alle wysheid (Kol 3:16)

Dra mekaar se laste… (Gal 6:2)

Wees gasvry teenoor mekaar…(1 Pet 4:9)

Sing onder mekaar geestelike liedere (Ef 5:19)

 


 

1 Tessalonisense 4

9-10 Regarding life together and getting along with each other, you don’t need me to tell you what to do. You’re God-taught in these matters. Just love one another! You’re already good at it; your friends all over the province of Macedonia are the evidence. Keep it up; get better and better at it.