Ons dink dit kan ’n wesenlike verskil maak aan ons elkeen se groei, asook ’n gevoel van verbondenheid aan SG, indien ons lidmate in verskillende geografiese areas in staat kan stel om by mekaar betrokke te raak. Ons skop hierdie inisiatief af met almal wat in die Helderberg-area woon.
Die Helderberg-wyk se eerste saamkuier en saam droom geleentheid is beplan vir 6 November om 10:00 by die LifeShine Wellness Center op die R44, net buite Somerset-Wes. (Vir aanwysings kontak 082 411 7518)
By hierdie geleentheid wil ons luister na julle mekaar-behoeftes, en saam opgewonde raak oor die moontlike uitdrukkings daarvan.
Word deel van die WhatsApp-groep om op hoogte te bly (nie ‘n kletsgroep nie) deur die skakel hier onder te volg.
[ Word deel ] of kontak 082 411 7518