Ons kinderbediening vind gelyklopend met die oggenddiens plaas tussen 10:00 en 11:30.

Indien jy nog nie op ons Kinderkerkdatabasis is nie voltooi asb die volgende vorm om so op hoogte te bly van wat by die Kinderbediening gebeur, werkswinkels, uitstappies, belangrike datums ens.

[ Kinderkerk REGISTRASIE ]

Navrae hieroor, gesels met Deon: deon@sg.org.za of 083 959 5880

Kinderbediening-groepering:

  • Peutergroep: 2 & 3 jariges (by die speelarea naby die ingang van die skool)
  • Kleuters: 4 & 5 jariges (by die speelarea naby die ingang van die skool)
  • Kids: Gr. 1-3  (Biblioteek)
  • Tweens: Gr. 4-6 (Nasorgklaskamer langs die tennisbane)

_______________________________________________________________________

Gr. 7’s gaan op ‘n unieke reis hierdie jaar

Ons beoog om 4 geleenthede (1 x kwartaal) te hê met Gr.7’s en hul ouers, gedurende daardie sessies gaan ons avontuur en gesprekke fasiliteer:

1. Die Groter Prentjie & 2. Fisiese Liggaam Gesprek – bo op Tafelberg
3. Die Vriende & 4. Geloof Gesprek – Avontuurbaan/ Acrobranching

5. Die Tegnologie Gesprek & 6. Akademie Gesprek – Escape Room/ Cape Town Science Centre
7. Die Ander Geslag & 8. Geld Gesprek – Date Night met ouers

___________________________________________________________________________

KAMPE
Registrasie: deon@sg.org.za

Tweenkamp – sal bevestig word
by Wortelgat

Tienerkamp – sal bevestig word