Ons sien uit na ’n jaar van saamstap, waar ons hopelik saam verwonderd raak oor die ongelooflike natuurskoon van die Boland, en die geskenk van stap en community. Onthou ons het met elke stap ‘n roete vir verskillende fiksheidsgroepe, selfs al is jy glad nie fiks nie!

[ Word deel van hierdie lekker groep se Whatsappgroep en bly op hoogte ] 

27 April – Kogelbaai   

1.) Kort roete vir die Lekkerstappers: 7km, 100m klim, Gradering 1A, 4 uur se stap
Ons begin by Dappat se Gat parkeer terrein. Van hier stap ons af en begin met ‘n pragtige strand stap op een van die onaangeraakste strande in ons area. Na ons verby die kampeer terrein gestap het, stap ons oor die R44 en stap deur die mooiste bergfynbos. Hierdie trail loop sonder om te veel te klim en bring ons terug tot by die kampeerterrein. As ons mooi vra stap ons deur die terrein en terug na die parkeerterrein.Hierdie is dalk 7km se stap, maar dis net 100m se klim. So selfs al betwyfel jy jou fiksheid is hierdie die geleentheid om die mooie natuurskoon te kom waardeer saam met ons!

2.) Medium roete, maar stewig: 15km, 700m klim, Gradering 2A, 6 ure se stap
Ons stap saam met die nie-atletiese roete strandlangs en berglangs. In die middel van die berg vind ons ‘n baie ou enkelpaadjie wat opgaan tot bo op die nekkie. Hierdie roete zigzag teen die helling uit en gaan ons laat werk vir ‘n asemrowende uitsigspunt heel bo. Hierdie was in die ou dae voor die teerpad die enigste manier om Kogelbaai te besoek (vanaf Grabouw se kant), en dis deur blommeplukkers gebruik. Na middagete heel bo stap ons met dieselfde paadjie af tot ons weer die kontoerpaadjie aansluit. Dan aanwaarts, deur die kampeerterrein terug tot by die parkeerterrein. Hierdie roete is bietjie meer vermoeiend, maar dis beslis die uitsig werd!

3.) Lang roete vir die Heel-wat-fikses: 19km, 1300m klim, Gradering 4B, 8 ure se drafstap
Ons volg die medium roete strandlangs, berglangs en opwaarts teen die zigzag helling uit. Bo gekom waardeer ons die uitsig voor ons bietjie rowwer terrein aandurf. Ons boendoe opwaarts (ons vind ons eie paadjie) tot bo op Kogelberg piek! Van daar hardloop ons af met die zigzag tot op die kontoerpad voor ons weer met die ander roetes aansluit. Hier dan weer deur die kampeerterrein terug na die parkeerterrein.

Wat om saam te bring, hoed, sonroom, 2l water, goeie stapskoene, bietjie trail kos en middagete vir die stap.

Gradering informasie: http://www.stbvoetslaan.co.za/useful-info/

____________________________________________________________________________________________

⛰️ Hieronder is die program vir die jaar – teken die datums aan en hou telkens die groep dop vir die detail.

  • 27 April – Kogelbaai   
  • 25 Mei – Mont Rochelle, Franschhoek
  • 20 Julie – Jonkershoek | ⁠Sosyskloof, Swartboskloof, Panorama
  • 31 Augustus – Dis ’n misterie 🙃
  • 4&5 Oktober – Mini-Camino, Tulbagh (beperkte plekke)
  • 2 November – Stellenboschberg oorslaap

 

[ Word deel van hierdie lekker groep se Whatsappgroep en bly op hoogte ]