Ons mini-kamino stapnaweek waar ons die gees van die Kamino ervaring probeer vasvang hier op eie bodem is om die draai! Vanjaar is ons basis Wortelgat, naby Stanford. Ons gaan oorbly tussen die melkhoutbome, stories deel oor kamino pelgrimstogte en saam die stilte vind. ‘n Groot stap roep ons dan die volgende dag op die strand!
Akkommodasie bestaan uit twee vakansiehuise by Wortelgat, eie beddegoed en handdoeke moet voorsien word.
– Minimum twee nagte oorslaap
Kostes:
Enkelkamer: R500 per persoon per nag (+R100 per aand vir aandete)