Ons sien uit na ’n jaar van saamstap, waar ons hopelik saam verwonderd raak oor die ongelooflike natuurskoon van die Boland, en die geskenk van stap en community. Onthou ons het met elke stap ‘n roete vir verskillende fiksheidsgroepe, selfs al is jy glad nie fiks nie!
10 Feb – Disakloof, Tafelberg (vanaf Kirstenbosch) –
[ REGISTREER HIER VIR SATERDAG SE STAP ]
A) Lekkerstap roete
Ons begin by die Kirstenbosch Kwekery hek. Stap rustig op deur die tuin tot by die kontoer roete. Ons draai links en stap op die kontoer tot ons Nursery Ravine se afkom ontmoet. Ons stap dan af en wandel dan terug na die tuin se rigting, oor die boomslang brug terug by die hek. Koffie en tee by die hek!
4km, 300m klim, graad 2A (Gradering informasie: http://www.stbvoetslaan.co.za/useful-info/)
B) Medium roete:
Begin by die Kirstenbosch Kwekery hek. Stap rustig op deur die tuin met ‘n klim tot by die kontoer roete, en stap dan verder op met Skeleton Gorge kloof. Daar is ‘n paar hout leertjies maar die kloof behoort droog te wees en nie te intimiderend nie. Bo teen die berg stap ons verby die dam en verby Disakloof se menigte poele tot op die akwaduk. Hier sal ons disas vind! Ons volg die akwaduk tot ons die Smutsroete ontmoet. Ons stap terug op dieselfde pad en stap af met Nursery Ravine weer terug tot by die hek.
8km, 800m klim, graad 3B (Gradering informasie: http://www.stbvoetslaan.co.za/useful-info/)
C) Heelwatfiks roete (op ‘n drafstap):
Begin by die Kirstenbosch Kwekery hek. Stap rustig op deur die tuin tot by die kontoer roete, en stap dan verder op met Skeleton Gorge kloof. Daar is ‘n paar hout leertjies maar die kloof behoort droog te wees en nie te intimiderend nie. Bo teen die berg stap ons verby die dam en verby Disakloof se menigte poele tot op die akwaduk. Hier sal ons disas vind! Ons volg die akwaduk tot ons die Smutsroete ontmoet. Van hier hardloop ons aan tot bo by Maclear baken en voor op die Tafel langs. Ons gaan dan af na die damme en deur echo valley tot by Nursery Ravine se afgaan. Dan volg ‘n vinnige hardlopie toer deur die tuin weer tot by die hek.13km, 1000m klim, graad 4B (Gradering informasie: http://www.stbvoetslaan.co.za/useful-info/)
Wat om saam te bring, hoed, sonroom, 2l water, goeie stapskoene, bietjie trail kos en middagete vir die stap.
Kirstenbosch toegangsfooie, R100 per persoon
Ons ontmoet 8:00 by Kirstenbosch tuine by die kwekery hek op Saterdag die 10de Februarie
https://capetrekking.co.za/table-mountain-hike-guide-routes/disa-gorge/
__________________________________________________________________________________________________________________
⛰️ Hieronder is die program vir die jaar – teken die datums aan en hou telkens die groep dop vir die detail.
- 16 Maart – Jonkershoek | Saaltjie
- 27 April – Kogelbaai
- 25 Mei – Mont Rochelle, Franschoek
- 20 Julie – Jonkershoek | Sosyskloof, Swartboskloof, Panorama
- 31 Augustus – Dis ’n misterie 🙃
- 4&5 Oktober – Mini-Camino, Tulbagh (beperkte plekke)
- 2 November – Stellenboschberg oorslaap