Net voor hierdie jaar geheel en al onder ons uitglip wil ons graag ‘n inisiatief aanpak waarvoor ons julle deelname vra. Ons wil ‘n geleentheid skep waar lidmate van SG, wat min of meer in dieselfde geografiese areas woon, bymekaar kom.

Daar is 3 dinge wat ons met hierdie byeenkoms sal wil bereik:

  • Om saamwees te fasiliteer tussen gemeentelede wat in dieselfde area woon
  • Om te luister na die júlle: ons het nodig om te hoor hoe julle die landskap van die lewe beleef, sodat ons saam SG se strategie vir bediening kan onderskei
  • Om saam te bid vir mekaar en ons wêreld

‘n Gesin (host) in jou woonbuurt of area stel hulle huis beskikbaar vir hierdie kuier op ‘n spesifieke Sondagaand, van 18:00 tot 20:00.

Wanneer?
Hou die afkondigings, WhatsApp-kommunikasie en eposse dop vir jou woonbuurt/area se spesifieke kuierdatum en host. Indien jy/julle dit wil bywoon kan jy asseblief die volgende doen:

  • RSVP na die WhatsApp-groep (ons sal ‘n kode of uitnodiging verskaf)
  • Gesels met julle host oor iets te eet en te drink.

[ Volg hierdie skakel en word solank hier deel van jou Geografiese groep, of die een naaste aan jou ]


Navrae: Marissa – info@sg.org.za of 082 411 7518 of die Gemeente WhatsApp-nommer 076 400 9995