Die Skrif wil ons in staat stel om gelykertyd meer te ontdek / verstaan van:
- God
- Die wêreld
- Die mens / onsself
Watter insigte gee die volgende tekste jou?
Hoe bevestig dit jou?
Hoe vorm hierdie teks jou?
Watter respons vra dit van jou?
Matteus 6:11
Gee ons vandag ons daaglikse brood;
Markus 2:21-22
“Niemand lap tog ou klere met ongekrimpte materiaal nie, want dan skeur die nuwe lap nog ‘n stuk van die oue uit, en die gat word net groter.
“Niemand gooi ook nuwe wyn in ou velsakke nie, want dan laat die wyn die sakke oopbars, en die wyn sowel as die sakke gaan verlore. Nuwe wyn word in nuwe sakke gegooi.”
Matteus 6:34
“Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”
Jeremia 29:4-8
So sê Ek, die Here die Almagtige, die God van Israel, vir al die ballinge wat Ek uit Jerusalem in ballingskap na Babel toe weggevoer het: Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan, trou en bring kinders in die wêreld, en laat hulle trou en kinders in die wêreld bring. Julle moet daar in Babel baie word, nie min nie. Bevorder die belange van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange.
So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Moenie dat die profete en waarsêers daar by julle julle mislei nie. Moenie ag slaan op daardie drome wat julle so graag droom nie.
Matteus 5:21-22, 27-28, 31-32, 33-34, 38-39, 43-44
Jesus herinterpreteer ou waarhede in ’n nuwe konteks wanneer Hy die refrein herhaal…
“Julle het gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is………Maar Ek sê vir julle……”
Handelinge 17:16-34 (22-23; 27-28)
Paulus het toe in die middel van die Areopagus gaan staan en gesê: “Ateners, ek sien dat julle in alle opsigte baie godsdienstig is. Terwyl ek deur julle stad geloop en kyk het na die plekke waar julle aanbid, het ek ook ‘n altaar gekry waarop geskrywe staan: ‘Aan ‘n onbekende god.’
“Nou ja, wat julle aanbid sonder om daarvan kennis te hê, verkondig ek aan julle…….
God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. Of soos party van julle digters ook gesê het: ‘Ons stam ook van Hom af.’….