Film-regisseurs het die vermoë om ons nuut te laat kyk na die bekende. Ons wil jou nooi om deur die lens van films jouself oop te stel vir ’n nuwe perspektief op Vandag. 

Indien jy nie vaardig is met die analise van films nie, kan jy die volgende refleksie probeer:

  • Kyk die film een keer deur (saam met ’n bak springmielies!)
  • Dink na oor die tonele / gebeure in die film wat jou raak. 
  • Wat is die boodskap van hierdie film vir jou?
  • Waarheen nooi hierdie film jou? 
    • Hoe verruim dit jou perspektief oor Vandag?
    • Wat wil jy nou sê of doen?