Sommige kunstenaars besiel ’n mens eenvoudig met mooi kuns. Ander vra egter vrae of lewer kommentaar oor die konteks waarbinne hul leef op kreatiewe maniere. Een so ’n kunstenaar wat sedert die 1990’s die wêreld vol vrae vra en satiriese kommentaar lewer, is die Britse kunstenaar met die pseudo-naam BANKSY. Niemand weet wie die kunstenaar is nie. Sy/haar kuns het al oor die hele wêreld opgeduik as straat graffiti. Sy/haar dokumenter Exit through the gift shop, is in 2011 genomineer vir die Academy award for best documentary. 

Ons nooi jou uit om na ’n paar van sy kunswerk-kommentare op vandag te kyk – met die hoop dat in jou ’n lens sal ontwikkel om verby die oppervlak na VANDAG te kyk. Vra jouself eenvoudig by elke kunswerk af Wat sê die kunstenaar hierdeur oor vandag? Is dit waar?